Waarom Kunsaashengel?
Hengel is die gewildste sportsoort ter wêreld en kan deur enige iemand beoefen word, van jong kinders tot twee-honderd-en-twintig jariges, manlik en vroulik, en in Suid Afrika, al die amptelike lands-kleuriges.
Kunsaashengel bied meer spesies waarvoor gehengel word.
Kunsaashengel is 'n unieke manier van hengel en amper elke spesie word anders voor gehengel met 'n verskeidenheid van metodes. Kunsaas is soms moeiliker as aas hengel, meer tegnies en daarom meer uitdagend.
Meer mense moet bewus gemaak word van die uitsonderlike diversiteit van visse. Die resultaat sal dan meer natuur bewarings bewustheid kweek.
Ongelukkig het Suid Afrika beperkte hengelwaters, en moet vir natuurlike doeleindes ontwikkel word, en nie in belang van persoonlike gewin nie. Hengelaars bepaal gou wanneer wanbalanse ontstaan en sekere spesies ander begin oorheers, en dra grootliks by tot die herstel van sulke wanbalanse. Dis meer fisies, jy sit nie net op die kant heeldag nie en dit is 'n gesonde sport waaraan die hele gesin kan deelneem. Dis ook baie interessant. Mens sien baie dinge wt oewerhengelaars nie sien nie. By sommige damme sal mens sekere wildsoorte kan sien.
Classics het 'n baie gemaklike atmosfeer en is familie georienteerd. Al die visse wat ons vang laat ons weer lewendig vry.
Who should be joining an Art Lure Club?
Any person who like the outdoors. You don't have to fish active to be a club member. Anglers who would like the challange to fish for a veriety of fish in stead of just a few - as many as 12 species are cought on some dams in a competition! Have a look at some of the fish we catch elsewhere on the website.
The more people involved the more secure the future of angling
Dit gaan egter om meer as net dit
Om te sê ons moet "die natuur bewaar vir die nageslag" is 'n klomp twak, ons moet dit bewaar vir onsself asof ons vir ewig daar gaan wees. "Bewaar vir die nageslag" beteken eenvoudig ons gaan die tekortkominge en behoeftes van bewaring op die langebaan skuif sodat ons kinders se kinders eendag met dieselfde probleem sit.
Ons gaan moontlik nie meer daar wees wanneer die nageslag dit moet bewaar nie, maar ons moet 'n bewarings mentaliteit kweek van "Vang en Vrylaat", opbou van bedreigde spesies. hervestiging van veral bome in die water ens. en dit begin toepas, hoe klein die skaal daarvan ook al.